Burgers vir die Cortina-span

Daai dag met die Cortina moes ons mos ook eet. Nes ‘n Cortina het ‘n mens se lyf ook petrol nodig. Tussendeur die gegiggel, die sports en die gelag kon die produksiespan, fotograwe en etv se produksiespan – etv het binnekort ‘n nuwe Afrikaanse televisieprogram Musiek Musiek – vir hulself ‘n burger bou.

Ek het natuurlik die vleis en die sous gemaak. Dit was ‘n tamatiesousie met uie en tamatie en allerlei kruie. Maar vir vandag se burger het ek ‘n gerookte aarbei- en roosmarynsous gemaak wat saam met brie op die burger bedien word.
Hier is egter eers ‘n paar foto’s van wat daai dag alles aangegaan het.
My burgerresep.
Bestanddele:
Burgers1kg maalvleis
3 Eetlepels mayonaise
4 Eetlepels gerookte paprika
Sout en peper
Meng al die bestanddele saam en vorm jou frikkadella volgens die grote wat jy verkies. Ek gebruik mayonaise want dit bestaan uit olie en eierdooiers. Die olie keer dat die frikkadel uitdroog en die dooiers bind die vleis saam. Omdat ons so baie mense was het ek die frikkadella die vorige aand gemaak en teen 180 grade in ‘n oondbak gebak. Jy kan natuurlik jou burger in ‘n pan of op die vuur braai.
Aarbei- en roosmarynsousie:
Bestanddele:
BurgersEen pakkie aarbeie
4 Roosmaryntakkies
Ongeveer ‘n halwe koppie suiker
Metode:
Rook jou aarbeie totdat hulle sag en gelerig is. Sit hulle in ‘n pan saam met die suiker en roosmaryntakkies. Prut die spulletjie saam totdat die suiker ‘n stropie is. En siedaar.
Bou jou burger!
Dankie vir www.KhakiProductions.com. Vir Gerda Nel vir haar huis. Vir Gerald en Natasha van GJE Carriers vir hulle Cortina. Vir Marietta, Riaan en Jannas en natuurlik vir Zinzi. Dankie ook aan etv en Lourens. En aan almal wat die video saam met ons geniet en saam lag!
Dankie ook vir Lourens wat die foto’s geneem het en ER van www.physion.co.za wat die burger foto’s geneem het.