Elvis se biscuits.

Elvis se biscuits

Elvis se biscuits

Elvis het ook maar ‘n lekkerbek gehad.  Elvis het ‘n lys van kossoorte opgestel wat altyd by Graceland moes wees wanneer hy ook daar was. Destyds is ‘n kaartboekie uitgegee met van Elvis se gunsteling resepte. Onder meer sy “biscuit” resep.

Vir ons Suid-Afrikaners klink die woord biscuit eerder soos ‘n beskuit of ‘n engelse koekie. In Amerika is ‘n biscuit meer tipe van iets wat ons en die Britte ‘n scon sal noem.

Dit word gewoonlik met ontbyt: eiers, bacon en varkworsies bedien. Jy kan dit met soet aarbeikonfyt eet of sout met ‘n vleissous.

Hier is Elvis se resep:

Bestanddele:

4 Koppies Bruismeel meel

1 Eetlepel bakpoeier

1 Eetlepel suiker

Kwart koppie botter (of smeer)

Een en ‘n kwart koppie Karringmelk

Metode:

Sif die meel, bakpoeier en suiker in ‘n mengbak. Voeg die karringmelk en botter of smeer daarby totdat dit lig is en ‘n deeg vorm. Rol die deeg uit en maak balletjies. Sit in ‘n oondplaat en bak vir vyf minute.

Jy gaan dalk hiervan hou: