So maak ek my Potboud:

bosveld4Bestanddele:

1 Skaap- of lamsboud

5 Toontjiesknoffel (fyngekap)

5-6 Uie

8-10 Aartappeltjies (gehalveer)

Roosmaryn

Tiemie

1 Bottel Old Brown Sjerrie

Kwart koppie suurlemoensap

Kwart koppie Sojasous

Metode:

Soteer een ui en die fyngekapte knoffel in die pot op die vuur. Bruin die boud aan alle kante ook in die pot. Voeg die sjerrie, suurlemoenspa, sojasous, tiemie en roosmaryn by. Daarna die res van die heel uie. (Ek hou van so ‘n heel ui op my bord nada thy al die geure geabsorbeer het.) Voeg dadelik ook jou gehalveerde aartappeltjies by. Ek halfveer hulle want dan trek hulle al die sous op en verkleur so sommer van al die smake. Laat die pot vir minstens 3 en ‘n halwe uur op ‘n matige vuur stap. Ek maak my pot eenmaal in die proses oop en draai die boud om. Geniet! (VAT69 is optioneel.)

Jy gaan dalk hiervan hou: