Wie is Sjef Snoekie

Marlise Sceepers

Marlise Sceepers

Die sangeres-liedjieskrywer Marlise Scheepers is een van Afrikaans se veelsydigste musiekmakers. Nie net is dié gesoute joernalis en voormalige nuusredakteur ‘n bedrewe woordsmid nie. Die skrywer van die treffer Hei Mevrou Brown, wat onder andere deur Laurika Rauch opgeneem is, is deesdae ‘n sjef en blogger. En haar jongste album, Beige Ford Cortina, illustreer hierdie veelsydigheid in breë kwashale.

Scheepers het onlangs na Suid-Afrika teruggekeer nadat sy by die grootste hotel in die suide van Amerika haar internskap as sjef onder die Marriott Marquis-hotel in Atlanta, Georgia, se uitvoerende sjef, Alexander Busch, voltooi het. “Ek is nou gereed om die goed te doen wat vir my hart goed en lekker is: kook en sing. Of: sing en kook.”

Sy kombineer nou haar musiekoptredes met die kookkuns. “Huiskonserte is weer die in-ding. Ek kook vir groepe van tussen 8 en 15 mense en sit ‘n driegang-ete voor. En as almal na die tyd ‘n soetwyntjie drink, sing ek vir hulle ‘n paar liedjies.”

“Ek skryf ook al bydraes vir ander mense se blogs. Soos www.Reismier.com en www.bushtelegram.co.za. Ek vryskut ook by die tydskrif Farmer’s Weekly as hul kosstileerder. Koos du Plessis het altyd gesê ‘n mens kan nooit werklik die ink uit ‘n joernalis se are kry nie.”

Scheepers, wat al op universiteit in ‘n ‘garage band’ was, het bykans sewe jaar gelede met die album Stokalleen gedebuteer. Dié het sy saam met die pianis en verwerker, wyle Christa Steyn, opgeneem. Steyn en haar seun, Douw, het ook Beige Ford Cortina saam met Scheepers aangepak en die album is feitlik voltooi voordat kanker by Steyn gediagnoseer is. Scheepers en Douw het die album klaar gemaak.

Foto’s wat op die blog verskyn is deur Riekie Greyling geneem. Kosfoto’s word deur DawidRoux.com en E.R. Lombard vanwww.physion.co.za geskiet.

2 thoughts on “Wie is Sjef Snoekie

  1. Hi
    Hoe kan n mens reel as ons belangstel om Sjef Snoekie te kry om te kook by n 65 ste verjaarsdag partytjie in Kempton Park later in die jaar, se die 10de of 17 de Oktober. So 20 plus mense.
    Groete.
    William

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *